
=====================================================================
Hier word woorde gevier (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Hier word woorde gevier

OP Stellenbosch vergader maandeliks 'n posieleeskring intiem-gesellig om 'n eetkamertafel vir die lees en luister van Afrikaanse gedigte. 
Die bundels op die tafel is nie gefotostateer, uitgeneem, geleen, gesteel f afgebedel nie. Ter wille van die voortbestaan van dit waarvoor 
hulle so lief is, is die bundel wat voor elkeen oopl, 'n persoonlike besitting.

Hopeloos verslaaf aan die musiek van die woord sit hulle maand n maand om 'n tafel met Afrikaans se beste digters. Saam met George 
Weideman word 'n staning onder sterre gesoek of 'n kruistog ver na Pella gereis. Daar word geluister na Petra Mller se swerfgesange en 
Danil Hugo kom skeur blaadjies uit die kalender van die geheue. Van Gert Vlok Nel tot Breyten, Oliphant, De Lange en Cussons en 'n lang 
lys ander kom sit ook aan vir nadere betraging.

Behalwe die Skiereiland posieleeskring, wat ook gedigte in ander tale bespreek, is die Stellenbossers -- so ver vasgestel kon word -- die 
enigste Afrikaanse posieleeskring in die Wes-Kaap. Waar eersgenoemde groep groter getalle posieliefhebbers betrek, hou die Stellenbosse 
groep haar ledetal klein genoeg sodat hulle om 'n tafel kan bly pas.

Elke maand is dit 'n ander tafel en 'n ander lid wat 'n beurt kry om die venster op 'n nuwe digter vir die ander oop te gooi. Geleerde 
dissertasies of hoogdrawende lesings is verbode. Die gemeenskaplike verwondering en genot aan die woord ontlok egter geesdriftige 
bespreking en 'n uitruil van opinies en insigte sodat die spreker van die maand nie noodwendig alleen die onbekende vir die ander moet 
oopkloof nie.

Een keer per jaar lees elkeen sy persoonlike gunstelinge voor, en dan is daar ook 'n oggend wanneer almal agteroor sit terwyl 'n genooide 
deskundige die woordwreld vir hulle verder kom oopbreek. Die moontlikhede is onbeperk -- van digters wat hul eie werk kom voorlees tot 'n 
tema wat met 'n bietjie verbeelding deur die gasvrou uitgebeeld word. Alles pure posieplesier.

Aan die einde van elke jaar is elke lid die trotse besitter van 'n stapeltjie kosbare Afrikaanse digbundels danksy welwillende uitgewers 
wat hulle tegemoetkom met billike pryse.

Lesers wat belangstel om 'n soortgelyke posieleeskring te begin en raad wil inwin, kan die volgende persone raadpleeg: Stellenbosch: 
Maresa Knoesen (8865019); Skiereiland: Hilda Burnett (9030851)   Jacqueline Leuvenink, vryskut-joernalis.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6418.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

